Ons Reis 2019

Click here to edit subtitle

Ons Ontmoeting- 21/09/2019

Brits Mall
Okey om heel eerlik te wees, ek was glad nie lus vir die date nie. Ek was op daardie stadium al so gatvol om op dates te gaan en dat niks uit werk nie, dat ek wertlik gevoel het hierdie gaan 'n mors van my tyd wees. Ek was besig om te leer vir 'n eksamen wat baie vinnig nader gekom het. Ons het besluit om 17h by Iron Throne te gaan eet, maar ek het die date vroeër gemaak oor ek gedink het jy gaan my dalk wil ontvoer of so- ek weet hoe kan ek so dink-. Ons het toe besluit om mekaar by Brits Mall te kry en by Panarotti's te gaan eet, dit was een van die lekkerste dates gewees. Met jou kon ek dadelik gemaklik wees, en kon praat sonder om bang te wees dat jy my gaan judge. Dit was soveel beter as wat ek gedink het dit gaan wees.

Glo dit of nie, nie eers 'n dag later nie het jy my gevra wil ek nie saam met jou Bali toe gaan nie. Ek weet dit was vir my ook 'n groot skok gewees, maar ek kon nie nee sê, want dit was wertlik ietsie wat ek wou doen en almal vir wie ek gevra het of hulle saam my wil gaan het altyd 'n verskooning gehad om nie te wil gaan. So daarvoor wil ek dankie sê, dat jy my drome 'n realiteit maak!

Ons eerste "wertlike"- date - 27/09/2019

Ons het besluit ons wil anders wees en so het ons besluit om ons eerste date by McDonalds te hou en 'n roomys te koop. Oulik neh? Ek dink ook so. Ons het laat by McDonalds aan gekom, en ons het roomys bestel en het net begin gesels. Dit was baie minder stres as die ontmoeting, maar daar was steeds stres. Ek kan eerlikwaar sê restaurante het ons weg gejaag oor hulle toe wou maak. Na McDonalds besluit het dat hulle toe wil maak het ons na Panarotti's toe gegaan om daar verder te sit en kuier. Ons vinnige kuiertjie het verander in 'n baie lang kuier. Ek het jou hier beter leer ken en soveel meer van jou begin hou. Jy was anders- okey dit klink dalkl weird om te sê, maar jy was die tipe anders waarna ek gesoek het-.

Brits Mall

Ons Zoo-date - 28/09/2019

Ek was wertlik vrek moeg gewees op hierdie dag, want damn die vorige aand het ons soos na 1h gaan slaap en is toe voor 7h weer op om reg te maak vir hierdie date. Ek moet sê hierdie was een van die lekkerste dates wat daar nog was! Ons was na Harties se "dieretuin" toe gewees, ons het heeldag hier rond geloop en met mekaar gesels. Hierdie was ook die dag gewees waar ons on seerste soen gehad het- uhm ja jy het wertlik so weird gesoen, maar dit is al soveel beter-. Na die date het ek jou gevra om saam met my na my Oom en Oupa se verjaarsdag toe te gaan - ja jy was ordentelik in die diep kant gegooi om al my family te ontmoet-. Ons het hierdie aand ook vir di eeerst ekeer saam kaart gespeel, UNO, dit was regtig so lekker gewees.
hartbeespoort zoo

Botaniese tuine piekniek date - 29/09/2019

Ek weet ons was so besig gewees daardie naweek. Ek was wertlik so moeg gewees na hierdie naweek dit is nie eers snaaks nie, maar ek is nie een oomblik spyt daaroor nie. Ons het by die Botaniese tuine gaan sit en picnic hou, ons het heeldag gesels en mekaar hier nog beter leer ken.
botanical gardens pretoria